|
Hoe
werk Academix?
Academix
is ontwerp om onder Windows 8 en Windows 10 te werk. Dit kan ook onder
Windows 7 werk, maar daar mag moontlik addisionele sagteware van
Microsoft se webwerf afgelaai word. Dit is gratis sagteware wat moet
afgelaai word. Leerders kan die program op hulle eie gebruik, maar
ouers kan as onderwyser aanteken om sodoende die resultate van die
leerders monitor. Daar is 2 modules beskikbaar nl. 'n Tuisweergawe
asook 'n Skoolweergawe. Die program bestaan altyd uit lesse van
Gr 0 - 12, maar vir ouers met kleiner kinders is daar 'n spesiale
module beskikbaar met lesse van Gr 0 - 7. Hierdie weergawe is
slegs as 'n tuisprogram beskikbaar.
|